Vandag se woord
si·ko·fant selfstandige naamwoord | sikofante
iemand wat aan ander onderdanig is, veral aan mense wat meer invloed of mag as sy of hy het, en wat die ander dikwels onopreg vlei om gunste of ’n persoonlike voordeel te bekom; kruiper; vleier: Slegs sikofante van die regime mag nog as joernaliste praktiseer.
― OORSPRONG ―
⮪ Grieks sukon vry + phaino toon