huis
⬜ s.nw. | huise; huisie
1 gebou as woning vir die mens; woning:
’n huis bou/skoonmaak/versier/opknap/afbreek • iemand in jou huis ontvang/verwelkom • die huis waarin jy grootgeword het • jou ouerhuis.
2 familiekring; gesin; huishouding:
die hoof/dogter/seun van die huis • by iemand aan huis kom • ná baie jare weer huis toe gaan.
⬜ Opmerking
Let daarop dat huis toe los, as twee woorde, geskryf word.
3 (a) gebou vir ’n bepaalde doel afgesonder:
’n aftreehuis/kinderhuis/dwelmhuis.
(b) (groterige) vertrek waarin iets bewaar word of wat vir ’n bepaalde doel afgesonder is:
’n motorhuis/slaghuis.
4 (a) koshuis; inrigting:
inwonende studente van Huis Klaradyn/Marais/Wilgenhof ❖ Die administrasie van die Akademie word deur sy kantoor in Engelenburghuis behartig (SAAWK).
(b) handelsaak; firma:
die Huis van Rembrandt.
5 wetgewende liggaam/kamer:
Sommige parlemente bestaan uit een, ander uit twee huise. • ’n hoërhuis/laerhuis.
6 vorstelike geslag:
die Huis van Oranje.
7 omhulsel/bedekking/ens. wat aan ’n huis laat dink:
’n brilhuisie • die huis van ’n kompas
huisies van ’n lemoen lemoenskyfies.
― ❖ ―
met die deur in die huis val
iets direk, sonder inleiding noem/vertel; iets uitblaker.
daar is geen huis met iem. te hou nie
’n mens kan met iemand nie saamwerk of in vrede leef nie.
huis en haard
die/jou eie tuiste/familiekring.
die/’n huis op horings neem
erg in die/’n huis te kere gaan.
elke huis het sy kruis
elke gesin het sy moeilikheid/leed.
ope huis hou
gasvry wees.
jou huis op sand bou
jou lewe op ’n onvaste fondament grond.
ten huise van
by die huis van.
van huis uit
van die begin/geboorte af:
van huis uit ’n digter/politikus wees • van huis uit daaraan gewoond wees om op ’n bepaalde wyse op te tree.
uit huis uit
⬜ Opmerking
Dié uitdrukking is foutief en moet liefs vermy word.
⬜ ww. | het gehuis weinig gebruiklik
aanwesig wees; woon:
die donker bosse waar ongediertes huis.
huis ▫ huisargitektuur, huisbewoner, huiseienaar, huisnommer, huisplaag, huissoeker, huisverfraaiing, huisverwer
huis-toe-gaan-tyd
Word of the month