algoritme selfstandige naamwoord | algoritmes
1 a [wiskunde, rekenaar] stel reëls of instruksies wat in ’n bepaalde volgorde uitgevoer word om ’n probleem op te los, ’n berekening te doen of ’n bepaalde resultaat te verkry, veral deur ’n rekenaar of ander elektroniese toestel: Die algoritme in die mikroskyfie ontsyfer jou PIN wanneer jy dit intik.
b stel reëls wat deur ’n sosialemediaplatform gebruik word om te bepaal watter inhoud, plasings, foto’s en video’s aan jou vertoon word en wanneer jy dit sien, onder meer op grond van jou vorige aktiwiteite, interaksies en soektogte op die platform, asook jou waargenome en veronderstelde belangstellings: Maatskappye fokus op die bevordering van boodskappe wat vermaak of sterk emosies ontlok. ❖ Kinders sal die keuse hê om plasings in chronologiese volgorde te ontvang, pleks van boodskappe wat deur ’n algoritme aan hülle bedien word (Jo van Eeden, Netwerk24, 18 Augustus 2026).
2 getalnotasie waarin Arabiese syfers gebruik word, gewoonlik volgens die desimale getallestelsel.
Today's word